Stoeiers ryg medaljes by kampioenskappe in
Die Nelspruit Stoei Akademie het Saterdag 26 April aan die Oos-Gauteng Ope-kampioenskappe in Benoni deelgeneem en altesaam 12 medaljes verower.

Van die land se top stoeiers het meegeding in Grieks Romeins en vrystyl.
Nelspruit het sewe goud, vier silwer en een brons ingepalm en weereens bewys dat daar met hulle op die mat gereken moet word. Vier van die seuns het direk na afloop van die kampioenskap by ‘n oefenkamp in Middelburg ter voorbereiding vir die komende naweek se Suid-Afrikaanse Kampioenskappe aangesluit.
Hulle moet wel eers ‘n fiksheidstoets slaag om by die militêrebasis in Wynberg, Kaapstad deel te neem.
Faantjie Steyn, Johny Smit, Neels Smit en Jonathan Wedderspoon sal teen Donderdag uitvind of hulle wel Saterdag in die Kaap in aksie sal wees.
Medaljes
• AJ van der Lith – goud
• Jannie Beukes – goud
• Jonnathan Wedderspoon – goud en silwer
• Joshua Devine – goud
• JJ Fereira – goud
• Neels Smit – goud en silwer
• Johny Smit – silwer
• Cassie Steyn – brons
• Faantjie Steyn – goud en silwer
Medaljes vir die ontwikkelingsprogram
• Triston Kleynhans
• Stefan Kruger
• Joshua Devine.
