Weghol-oorwinning vir tuisspan
Sewe van Hoërskool Barberton (BHS) se rugbyspelers is uitgenooi om aan die finale Puma-proewe deel te neem, en die leerders en leerkragte is met reg trots op die manne.

Hulle is Keenan Maans, Andile Mbingo, Manqoba Mnisi, Bheki Shongwe, Declan Zitha en Zweli Silaule. Tydens die wintersport teen Bergvlam wat verlede Donderdag plassgevind het, het die eerste span met 43-7 gewen.
Die spelers wat drieë aangeteken het was Andrino Africa (1), Andile Mbingo (1), Justice Mkhonto (2), André Visser (1) en Manqoba Mnisi (1). Mbingo het gesorg dat drie skoppe netjies deur die pale seil. Die tweede span het net so goed gevaar en met 36-0 as wenners uit die stryd getree. Dylan Byleveld is as speler van die wedstryd aangewys.
Die res van die spanne het soos volg gevaar: O/16’s verloor 14-6. Sandile Mlangeni en Mias Visagie het gesorg vir drieë tydens die wedstryd en Paul Westraad het beide drieë verdoel.
O/15’s verloor 12-47. Drieë was deur Sihle Mkhawane en Abba Tumber gedruk en DJ Raulstone het een drie verdoel. O/14’s wen met 24-14. Marthinus Venter is as speler van die wedstryd aangewys.
