Langasem is weer terug op die pad
Na ‘n maand en ‘n half is Andries Oelofse, beter bekend as Ramkat, na ‘n rugbesering eindelik weer terug op die pad.
LYDENBURG – Na ‘n maand en ‘n half is Andries Oelofse, beter bekend as Ramkat, na ‘n rugbesering eindelik weer terug op die pad. Oelofse het sy terugkeer op die teer gevier deur die 29ste Loskop Marathon (50km) in ‘n tyd van 5:33 te voltooi.
“Ek het November laas aan ‘n wedren deelgeneem en dit was lekker om na vyf maande weer my tekkies aan te trek,” vertel Oelofse. “Die Loskop was ‘n mooi roete, alhoewel die laaste opdraende my onkant gevang het en nogal erg was.
Ek het besef wat ek in die afgelope paar maande verloor het, sal ek vinnig moet inhaal,” sê Oelofse. Die vele vakansiedae help hom egter om goed vir sy 25ste Comrades Marathon wat hy op 1 Junie sal aandurf, voor te berei.
