Local sportSport

Kleuters se gholfdag toe ‘n reusesukses

Die beheerliggaam van Kwetternes Kleuterskool het die gemeenskap vir hul ondersteuning tydens hul jaarlikse gholfdag op Saterdag, 26 April bedank.

Dertien vierballe het ingeskryf en die spelformaat van die dag was vierbalalliansie, geheime telling om te bereken.

Op elke setperk is daar ‘n plastieksakkie aangebring met nommers van spelers waarvan punte by die betrokke gaatjie opgetel moes word, daarin.

Dit het beteken dat die beste spelers nie noodwendig aan die einde van die dag sou wen nie. Geluk het ‘n groot rol gespeel. Dit was ‘n aangename dag en spelers het die gholf terdeë geniet.

Die skool bedank al die borge wat die dag moontlik gemaak het opreg. Hoofborge was Chemconstuct, Global Case, Komati Apteek, Lebombo Kwekers, Mascor, Novon, NTT Toyota Barberton, OVK, Securicon Lowveld en Tyremart.

Daar is ook groot waardering uitgespreek vir die hoof, Sarette Nell en personeel, asook ouers wat almal baie hard gewerk het om die dag so ‘n groot sukses te maak.

Die uitslae van die dag loop soos volg: In die eerste plek was Corné Hatting, Pieter Rademeyer, Reichardt Scholtz en André de Kock met 88 punte.
In die tweede plek was Chris Coetzee, Chris Basson, Kevin Nott en Ferdie van Niekerk met 87 punte.
Derde was Jakkals Steyn en Hannes Venter met Cedric en Roelf Nagel.

Naaste aan die pen:
Putjienommer 5 – Corné Hattingh.
8/16 – Nico Kruger.
18 – Chris Basson (Jr.)

Langste dryfhou gekombineerd: Tarryn Coetzee.

Langste dryfhou dames: Ester Britz

Langste dryfhou mans: Alex de Kock.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button