Local sportSport

Honderdes pak Forest to Falls aan

Die remme van 857 bergfietse het omtrent geskree om die eerste draai van die My SPAR Forest2Falls MTB Marathon wat Saterdag plaasgevind het.

Die wegspring was by die Mac Mac Forest Retreat met ‘n styl afdraande wat vir baie ‘n groot uitdaging was.

Dit was vanjaar die 14de keer wat dit plaasgevind het en is een van die mees bekendste en gunsteling wedrenne onder fiestryers.

Daar was drie roetes – ‘n 75km, ‘n 35km en ‘n 15km. Die skouspelagtige pad het die ryers in die Motlatse Canyon provinsiale natuurreservaat ingeneem.

Heila Meintjies en Delaney Impey is as die konings van die berge in die 75km gekroon. Meintjies het in ‘n tyd van 04:04,14 klaargemaak terwyl Impey met ‘n tyd van 03:00,21 beïndruk het.

In die vroue se halfmarathon, was dit Alison Emery wat die eerste plek met ‘n tyd van 01:59,56 verower het en die mans se Andreas Kuhn het stof in die oë van Franco Pelser geskop toe hy met 01:36,09 (Pelser was tweede met 01:36,43) gewen het.

Die bekende blondekop van Nelspruit, Monique Swart, het die goud in die 15km in ‘n tyd van 01:07,39 gevat en Ryan Terry het onder 60 minute die roete in 00:54,01 voltooi.

Forest 2 Falls sees lots of riders

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button