Plaaslike gholfer skitter oorsee
Nelspruit se gholfheld het 'n ongekende mylpaal in Manchester bereik deur sy eerste gholftoernooi oorsee te wen.

Hy het hier ook in die wennersirkel se voetspore van Ernie Els en Bobby Locke gevolg en die eerste Suid-Afrikaner geword wat die 50ste aanbieding van die toernooi te wen.
Die sewentienjarige het aan die Royal Lytham kampioenskappe op die Royal Lytham & St. Annes Gholfklub deelgeneem waar hy teen 140 spelers van regoor die wêreld gespeel het.
Die toernooi het Vrydag begin en Sondag het hy met ‘n telling van 281 (een oor baansyfer) geseëvier.
Darius van Driel van Nederland was tweede (met twee oor) en die Skot, Bradley Neil van die Blairgowrie Gholfkub was in die derde plek met drie oor baansyfer.
Hy is tans Suid-Afrika se nommer twee gekeurde speler op die Suid-Afrikaanse Gholf Vereniging ranglys en lê in die 124ste plek op die wêreldranglys.
Hy toer tans vir twee maande saam met sy pa, Steven waar hy Dinsdag na Ierland reis waar hy aan die Irish Amateurkampioenskappe op die Royal Dublin Buitebaan saam met SA se eerste, Christiaan Bezuidenhout en vyfde gekeurde, NJ Arnoldi gaan deelneem. Bezuidenhout en Arnoldi het albei die afsnypunt vir die Royal Lytham & St. Annes gemis.
Albert Eckhardt van Finland het in 2013 die toernooi gewen.
Sy tellings – 72, 69, 72, 68
Van wie praat ons? Koop die nuutste uitgawe van Laevelder om uit te vind.
