Local sportSport

Laai solank jou .303 vir jaarlikse skietdag

Die gebruiklike skietdag, wat jaarliks deur Regiment Botha gehou word, is om die draai.

Hierdie .303-skietkompetisie sal op 10 Mei by Dusty Ranch plaasvind en almal is welkom om hul vernuf op die proef te kom stel.

Enige kaliber handwapen of jaggeweer mag gebruik word, solank jy jou eie ammunisie voorsien. Daar sal ook geleentheid wees vir dié wat daarvan hou om kleiduif te skiet.

Soos gewoonlik sal daar individueel meegeding word, maar spanne van tot en met vier kan inskryf. Die dag beloof om groot pret te wees en daar sal ook kosstalletjies beskikbaar wees. Inskrywings beloop R100 per persoon.

Vir dié wat ‘n behoorlike kuier daarvan wil maak, sal daar ‘n spitbraai later die aand wees. Kaartjies hiervoor wat bykosse insluit, is beskikbaar teen R50 per volwassene en R25 per kinders onder 12.

Soos gewoonlik is daar groot pryse op die spel, maar onthou, jy moet jou vuurwapenlisensie saambring om deel te neem. Registrasies sal vanaf 07:00 tot 08:00 oop wees.

Navrae: Reg. Botha by 013-756-2511, 013-756-2510, 084-251-9827 of 082-447-1566. Die 2012-wenner in die junior skut-afdeling was Luhann de Vos.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button