Die Pienkes fokus nou op einddoel
Die Steval Pumas sal vanaand diep vir hul beste wenkarakter in vanjaar se semifinale van die 2014 Vodacombeker-reeks teen die Poubloues van Kimberley moet gaan krap.

Dit sal verseker vir die tuisspan ‘n groot uitdaging wees, veral na verlede week se power poging teen die Westelike Provinsie. Die GWK Griekwas sal na Nelspruit reis om in die laaste twee kragmetings wraak te neem en natuurlik met die groot wen teen die SWD Arende verlede week vars in hul geheue, kan die wedstryd nie anders as om aksiebelaai te wees nie.
Vir die Puma-breiers, Jimmy Stonehouse en MJ Mentz, was dit ‘n kort, dog harde week op die oefenveld. Hulle moes ‘n geforseerde verandering aan die beginspan van verlede week maak met Jerome Pretorius wat ‘n enkelbesering opgedoen het. ‘n Groot verligting is dat die staatmaker kaptein, Corné Steenkamp slaggereed vir die kragmeting sal wees om soos gewoonlik van voor te lei.
“Ons het baie hard gewerk aan ons lynstaan- en skrumwerk en om by ons spelpatroon te bly. Die gemoed in die span is goed en ek verwag dat hulle vanaand meer op die doelwit voor oë gefokus sal wees,” noem Stonehouse.
Die groot eindstryd skop om 19:00 by Mbombela Stadion af en kaartjies is by alle Computicket-kantore en die stadion beskikbaar. Maak seker jy kom met jou pienkpakkie gepanser om die tuisspan te ondersteun!
Die span vir vanaand se kragmeting:
15. Coenie Van Wyk
14. JW Bell
13. Wilmaure Louw
12. Hennie Skorbinski
11. Ruwellyn Isbell
10. JC Roos
9. Snake Nyoka
8. Renaldo Bothma
7. Uzair Cassiem
6. Corne Steenkamp (Kaptein)
5. Marius Coetzer
4. Giant Mtyanda
3. De-Jay Terblanche
2. Jacques Momberg
1. Vincent Koch
Plaasvervangers
16. Frankie Hearne
17. Sabelo Nhlapo
18. RW Kember
19. Jaco Bouwer
20. Reynier Van Rooyen
21. Dewald Pretorius
22. Marcello Sampson
