Local sportSport

Klub vaar uiters goed met vangs

Lede van die Burgersfort, Ohrigstad, Lydenburg en Steelpoort (BOLS) diepsee-hengelklub (DHK) het van 21tot 25 April hulle eerste Diepsee Interklubkompetisie by Meerensee in Richardsbaai gehou.

Lede van die Burgersfort, Ohrigstad, Lydenburg en Steelpoort (BOLS) diepsee-hengelklub (DHK) het van 21tot 25 April hulle eerste Diepsee Interklubkompetisie by Meerensee in Richardsbaai gehou.

Die manne van BOLS het behoorlik lyne natgemaak tydens die strawwe kompetisie en volgens Gerhard Rossouw het dié klub uiters goed gevaar met een van hulle visse -82,2kg – wat ‘n ou Richardsbaai-rekord laat spat het.

Die klub het in 2012 ontstaan tussen dié vier dorpsgebiede en het tans 44 aktiewe lede met die klubhuis in Ohrigstad. “Ons het dit goed gedink om die kompetisie te organiseer en het dadelik aan die werk gespring aangesien ons net twee maande gehad het.

Vergaderings isook weekliks gereël om vordering te monitor. Op ‘n baie kort kennisgewing het ons borge in ons omgewing genader en hulle het werklik uit hulle pad gegaan om ons te ondersteun.”

Diepsee-visvang, ook genoem grootwedstryd-visvang, is ‘n vorm van visvang waar deelnemers hengel vir visspesies, soos tuna , seilvis, wahoo en marlyn. Dié visse bied ‘n groot uitdaging aan hengelaars omdat hulle soms vir ure aaneen kan baklei. Die geheim van diepsee-visvang is om die regte diepte te bepaal en hengelaars sal tot die uiterstes gaan om die grootste/swaarste vis aan die lyn te kry.

Borge van sover as Durban, Thabazimbi, Pretoria, Witbank en Nelspruit het dit vir die BOLS-manne moontlik gemaak om aan dié kompetisie aan te bied. “In hierdie moeilike ekonomiese tye was hulle beursies vir ons oop. Meerensee Bootklub het ons ook baie gehelp deur hulle kampplek, restaurant en kroegarea beskikbaar te stel.”

Rossouw se dat die hengelaars bewus was van die feit dat Richardbaai ‘n moeilike plek is om te hengel. “Met die weer en die afstand na goeie riwwe het die skippers en hengelaars hulself goed van hulle taak gekwyt.

Die eerste vier dae was die weer gunstig en goeie vangste is aangeteken. Ongelukkig was daar die Vrydag met die afsluit van die kompetisie ‘n blow-out weens windtoestande.”

Tydens die prysuitdeling is hengelaars en skippers vir hulle harde werk beloon. Danksy die borge is bykans R150 000 se pryse uitgedeel wat bewys dat dié klub een is om mee rekening te hou.

Die totale vis wat gevang is tydens die wedstryd sluit in 29 geelvin-tunas, 28 pensstreeptunas, 8 bonitas, drie goudmakriele, drie seilvisse en ‘n marlyn. Uitsonderlike vangste was die van ‘n blou marlyn van ongeveer 250kg deur die boot Carra Poa en vier Geelvin-tunas van 82,2-, 54,8-, 78,6- en 47,8kg deur die bote Tsunami en Martonette. Bote Martonette en Extasea het ook twee seilvisse uitgetrek.

Die wenners in die roofvisafdeling was die span van Carra-Pao, tweede was span Martonette en derde die span van Tsunami.

BOLS DHK is oop vir almal wat in diepsee-hengel belangstel. Daar is ook afdelings vir vroue- en junior hengelaars. Vir meer inligting kan Gerhard Rossouw gekakel word by 082-909-5966, Willie Smit by 082-896-1071 of Liezl Kircher by 082-355-8658 geskakel word.

 

Die klub wil graag die volgende borge bedank vir hulle bydrae: Zizwe, Obaro Lydenburg, Tech North Steelpoort, Bundudakke, Wenkem SA, Steelpoort Mining Services, Supa Quick Burgersfort, LDR Tools and Boat Accessories, Ganis Angling World Witbank, Bilnor Engineering, Pulsator Lures, Smit Boorwerke, JS Precast Walling CC, Wescan Plant hire, Schalk Compaan Pretoria, Tyre Corporation, Sweet Home Mountain Lodge Thabazimbi, Tsunami Toere, Toyota Lydenburg, Natal Power Boats, Tyre Boyz Lydenburg, Lybasol, Aqrochem Laeveld en Booyco Engineering.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button