Rugbyweek ‘n groot sukses
Rugby was verlede week tydens die jaarlikse J&M Sekuriteit-rugbytoernooi by Laerskool Witrivier op almal se lippe.

Die o/11-tweede en eerste spanne se ouers van Pietersburg, Secunda en Pretoria en ook die vyf plaaslike Laeveldskole het van dié week ‘n reusesukses gemaak.
Laerskool Witrivier het gasheer vir laerskole Clivia, Nelspruit, Uplands Prep, Laeveld, Pietersburg-Noord, Wonderboom, Constansiapark, Goedehoop en Dennisig in sekerlik dié grootste vriendskaplike laerskole-rugbyfees gespeel. Beide die eerste en o/11-spanne het vir die eerste twee dae twee wedstryde ‘n dag gespeel, met die tweede spanne wat net een per dag gespeel het.
Daar is van Maandag tot Donderdag wedstryde in ‘n rondomtalie-basis gespeel, wat die afrigters genoegsame kans gegun het om hul spelers vir die liga wat die week afgeskop het, te slyp.
Maar soos dit in enige rugbywedstryd gaan, was die eindtelling vir die seuns belangrik en al was daar nie ‘n algehele wenner van die week nie, het elkeen tog meer as sy bes vir hul afrigters gegee om die wedstryd te wen.
