Local sportSport

Hazyview word stormgeloop deur Impalas se flink spelers

Die Impala Rugbyklub het hul segetog op 12 Mei voortgesit deur Hazyview oortuigend met 32-17 te klop.

Tiaan Nel, die skrumskakel, het 12 van die 32 punte met sy skopvoet aangeteken deur drie doel- en twee strafskoppe deur die pale te stuur.

In die eerste helfte het Francois Louw, Jaco Malan en Cornè Dippenaar vir vyf punte gesorg nadat hulle elkeen ‘n drie gedruk het.

Die telling was teen halftyd 22-10 in Komati se guns. Francois Labuschagnè het in die tweede helfte vir ‘n pragdrie gesorg en Tiaan Nel het weer met ‘n verdoelskop geslaag. Hy was suksesvol met ‘n strafskop en het die telling op 32-17 gebring.

Die span se dissipline was baie goed en slegs een strafskop in die hele wedstryd is teen hul aangeteken.
Die agterlynspelers het mekaar goed verstaan en het algeheel goed gespeel, en die voorspelers het hul staal in die skrums gewys. Ruan Prinsloo en Labuschagnè is as die voorspelers van die wedstryd aangewys.

Spelers was soos volg:

Heelagter – Francois Labuschagnè; regtervleuel – Marchelle Janse van Rensburg; buitesenter – Francois Rossouw; binnesenter – Christo Geldenhuys; linkervleuel – Jaques
du Toit; losskakel – Tienie Joubert; skrumskakel – Tiaan Nel; agsteman – Schalk Koedyk; regterflank – Dirk le Roux; linkerflank – Francois Louw; slot – Manie Vermaak; vaskopstut – Christiaan Kok; haker – Jaco Malan en loskopstut – Harry Becker.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button