Local sportSport

Nellies gee pas aan in rugby en netbal

Laerskool Nelspruit het verlede week taai wedstryde teen Bergland gewen.

Die eerste rugbyspanne se wedstryd was nog tot in die laaste minuut in die weegskaal, maar ‘n verbroude strafskop deur Bergland het gesorg dat die Ford Nellie Leeus uiteindelik met 17-15 as oorwinnaars uit die stryd tree. Die Xerox o/13A- netbaldogters het hul wedstryd redelik maklik met 26-9 gewen.

“Ons het ‘n wonderlike dag by Laerskool Bergland beleef. Hulle het ons baie vriendelik ontvang en soos altyd is daar met mening gekompeteer. Ons spanne het hulself uitstekend van hul taak gekwyt. Baie dankie ook vir die ouers wat as waardige ambassadeurs van Laerskool Nelspruit hul kinders kom ondersteun het.

Ons waardeer dit opreg dat u ware Nellie-sportmanskap openbaar het en die pragtige spel aan beide kante met die nodige akklamasie begroet het,” het die skakelbeampte van Laerskool Nelspruit, Johan Orten gesê.

• Rugby: speel 5 wedstryde : wen 4, verloor 1
• Netbal: speel 12 wedstryde: wen 8, Verloor 4.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button