Local sportSport

Die Nelspruit Kudus domineer opponente

Die vyfdebeen van die Mpumalanga Rugby-klubliga's het die naweek plaasgevind.

Nelspruit Rugbyklub het op hul tuisgronde die manne van Barberton 41-19 ore aangesit. “Ons vastefasette was baie goed gewees en ons het elke keer ons eie bal terug gewen om momentum op te bou.

Die voorspelers het hul man gestaan teen ‘n goeie pak voorspelers van Barberton en dit was waar die wedstryd gewen was,” sê die afrigter van die Kudus, Gunther Swart.

Hy voel wel dat die agterlyn min besit op die voorvoet gekry het. “Ek dink indien die agterlyn meer besit gehad het, kon daar ‘n groter punteverskil gewees het.” 

Nelspruit is in die eerste plek op die Laeveld se top ses punteleer. Al die spanne het die naweek ‘n loslootjie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button