Local sportSport

Plaaslike fietsryer aan die gang in Japan

Hy het die eerste been van die wedren, wat uit 'n 2.65km rondte bestaan, in 'n tyd van 0:03:24 voltooi en algeheel 17de geëindig.

LYDENBURG – Willie Smit het  byna geen bekendstelling nodig in die dorp nie, veral nie onder fietsryers, en liefhebbers van dié sport nie.

Smit, wat al verskeie titels agter sy naam bygevoeg het en huidiglik vir  Team Fantini Wines – NIPPO – De Rosa ry, is tans in Japan waar hy aan die Tour of Japan deelneem.

Hy het die eerste been van die wedren, wat uit ‘n 2.65km roete bestaan, in ‘n tyd van 0:03:24 voltooi en algeheel 17de geëindig.

Die toer het gister afgeskop en duur tot 25 Mei. Steelburger/Lydenburg Nuus is in kontak met Smit en sal lesers op hoogte hou van die wedren.

Die tweede been vind môre plaas.

willie smit tour of japan 2014

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button