Slimkoppe maak slim skuiwe op skaakbord
'n Bordspel vir twee, 64 blokkies waarop 32 stukke om die beurt geskuif word.

Die doel? Om jou teëstander se koning op skaakmat te sit. Die Curro Skaaktoernooi het Saterdag 10 Mei plaasgevind waar 159 spelers van vyf kategorieë deelgeneem het. Die gasheerskool, Curro spog met 28 leerders wat in dié kompetisie gespeel het. Rynhardt van der Linde van Curro het met ‘n waardebepaling van 949 die
o/10-kategorie gewen.
In die tweede plek is Ruan Venter óók van Curro met 645. Kian Mouton is kort op sy hakke met 634.
Joshua van Heerden van Laerskool Laeveld is as die mees belowende speler en Kirsten Lea as die beste o/10-dogter aangewys.
Banele Mhango van Mbokodo, het die o/12-afdeling gewen. Suné du Preez (Lydenburg) het vir die seuns ore aangesit en die tweede plek gevat. Viktor Styger van Bergland het derde geëindig. Doné Hattingh is as die beste dogter en
Pierre janse van Rensburg van Laeveld is as die mees hoopvolste speler aangewys.
By die o/14’s is Sabie se Abraham van der Walt, André de Kock (Sabie) en Tsepiso Maseko (Likhweti) in nderskeidelik plekke een tot drie. Die beste dogter is Kgomotso Mashego (Likhweti) en Nthabiseng Trevor (Vukasambe) is as die mees belowende speler aangewys.
Curro se o/16’s het hul skool se naam hoog gehou. Mpumelelo Mohlala en Rojan Jameson was in onderskeidelik die eerste en derde plek. Ludewick Wille van Hoërskool Nelspruit het in tweede ingeskuif.
Mzwandile Lubisi (Lowveld High) is as die mees belowende speler en Palesa Mokwena (Sabie) as die beste dogter gekroon.
Die seniors se Eddy Bhila het stof in sy teëstanders se oë geskop. Joshua Minifie van Gauteng het die silwermedalje en Vuyani Ndlovu (Lowveld High), die derde plek verower. Die beste dogter is aan Nobuhle Mkhomazi van Likhweti toegeken.
Die Lydenburg ABC Ope-toernooi vind op 23 en 24 Mei plaas. Vir meer inligting, besoek www.ehlanzenichess.co.za
