Tae bo die perfekte manier om fiks te word
Verlede week het Barberton Times ‘n Tae Bo-klas bygewoon.

Hierdie joernalis was aangenaam verras om te sien hoeveel mense van die gemeenskap daar betrokke is.
Die saal van die Metodiste Kerk was vol fikses, en dié wat graag wil fiks word, wat besig was om teen ‘n vinnige tempo aan die klas deel te neem. Die Coach, Benson Rewu, ken duidelik sy storie en het die mense behoorlik laat les opsê. Ten spyte hiervan, was dit duidelik dat almal hul gate uit geniet het.
Indien jy belangstel om jou liggaam eksie-perfeksie te kry, en dit boonop te geniet, kan jy vir Benson by 079-110-2896 skakel. Klasse vind op Maandae, Dinsdae en Donderdae in die saal van die Metodiste Kerk plaas en beloop ‘n skamele R100 per maand.
