Local sportSport

Spelers woeker met talent

Die afgelope naweek se Mpumalanga Mini 2-tennistoernooi was 'n reusesukses danksy die samewerking en vasberadenheid van die afrigters, ouers en natuurlik die spelers.

Tennisspelers van regoor die land asook ‘n paar van Mosambiek en Swaziland het deelgeneem. Die Laevelders het hulself goed gehandhaaf met ses spelers wat in hul afdelings koning gekraai het. Plaaslike spelers het ook die dubbels-afdeling oorheers in die o/10 seuns- en dogters, o/14 dogters en o/18 seuns- en dogters. Dié spelers werk hard en hul toewyding op die baan was duidelik.

Uitslae
O/10 seuns: Brandon da Silva
O/10 dogters: Chizelle Rossouw
O/12 seuns goud: Du Toit Wessels
O/12 seuns platinum: Henri Staal
O/12 dogters: Lydia Wilsenach
O/14 seuns goud: Conrad Schultz
O/14 seuns platinum: Dylan Hansloo
O/14 dogters: Clarissa Boshoff
O/16 seuns: André Vosloo
O/18 dogters: Lomé Smith
O/18 seuns: Jacques Fourie.

Die geslote 5-toernooi word op 30 en 
31 Mei gespeel met inskrywings wat vanaand (23 Mei) om middernag sluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button