Local sportSport

Landlopers vaar goed in ASA-byeenkoms

'n Groot aantal landlopers van laer- en hoërskole, asook senior atlete van regoor die provinsie het Saterdag by Ingwenyama Conference & Sports Resort vir die eerste ASA-byeenkoms van die seisoen bymekaargekom. 

Van vroegoggend af is daar gestrek, die baan is bekyk en teënstanders is opgesom voor die eerste skoot vir die 1km-wedren geklap het. 
Marne du Plessis, ‘n o/8-atleet van Laerskool Nelspruit het die wedloop in net 4:03 minute kaf gedraf en die eerste junior meisie oor die eindstreep was Andelin Grobler van Curro in 4:30 minute.

Die ouer kinders se afstande het tussen twee- en 8km om ‘n baan gewissel wat die langasems behoorlik met die opdraandes getoets het. Die beste wentyd in die 2km wedloop was 7:59 minute deur nog ‘n atleet van Laerskool Nelspruit, Drikus Greeff. 

Volgens die sameroeper, Theuns Luus, het die atlete die volgende paar weke ‘n redelike vol program. Dié naweek sal hulle in Komatipoort aan die eerste skoleliga-wedloop deelneem, waarna hulle na Nelspruit sal skuif waar die interprovinsiale-span gekies gaan word. Op 14 Junie sal Barberton die geleentheid hê om ‘n byeenkoms aan te bied, waarna Witrivier op 26 Julie die gasheer sal wees.

Al die uitslae is beskikbaar op www.lowvelder.co.za.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button