Local sportSport
Jong sportsterre skitter by jaarlikse rugby- en netbaldag
Daar het verlede Saterdag groot opwinding met die jaarlikse J&M Sekuriteit Krokodilletjie- en Krokonelletjie-sportdag by Laerskool Nelspruit geheers.

Meer as 1 200 jong sportsterre tussen gr. R en gr. 2 van skole regoor die provinsie het vir een van die grootste jaarlikse sportdae bymekaargekom.
Dit was die ouers wat na die wedstryde meer afgemat as die kinders was. Afgesien van die amptelike wedstryde wat gespeel word, is daar ook tussendeur gekompeteer, of sal mens dit as opwarming vir die volgende ronde sien?
Op die rugbyvelde is daar vir die eerste keer met groot sukses met die kannetjies tag-rugby gespeel, en dit blyk dat beide die ouers en seuns dit baie geniet het.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
