Local sportSport
Laeveld-skopboksers kry hulle kleure
Altesaam 11 skopboksers van die Laeveld het provinsiale kleure verwerf.

Op Donderdag 1 en Vrydag 2 Mei het die Suid-Afrikaanse Skopbokskampioenskappe in Pretoria plaasgevind. ‘n Totaal van 510 vegters van regoor die land het deelgeneem.
Linda van Staden, Petro van Staden, Rume Stapelberg en Marelize Spreeth het hul kleure verower en Linda is ook vir die nasionale span gekies.
Onder die mans spog Corrie Stapelberg, Tiaan Stapelberg, Nico Joubert, Jaco Cornelius, José Ehlers, Tommy Eckley en Wimpie van der Merwe ook met splinternuwe sweetpakke. Corrie, Tiaan, Jaco en José is vir die nasionale span gekies.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
