Local sportSport

Klub bied nuwe geleentheid aan kinders om hul sport te speel

Thys van den Berg het groot drome vir jong sportliefhebbers.

LYDENBURG – Thys van den Berg het groot drome vir jong sportliefhebbers.

Hy beoog om eersdaags sy eie klub op die been bring om dié spelers die geleentheid te bied om steeds deel van ‘n span te vorm, ongeag of hulle die skolespan haal of nie.

“Die klub gaan nie net vir seuns wees nie, dit gaan ook vir dogters oop wees. Hulle kan dan hulle eie spanne vorm, hetsy vir rugby of krieket.

“Enige laer- of hoërskoolkind van vyf tot 18 jaar is welkom. Spanne sal volgens ouderdomsgroepe saamgestel word, waarna ons sal besluit op ‘n eerste, tweede en derde span.”

Thys vertel dat hulle ook besig is met onderhandelings vir ‘n bussie sodat wanneer die klub eers goed op dreef is, die spanne teen ander dorpe met soortgelyke klubs kan gaan deelneem. “Die outjies wat dus nie die skolespan haal nie, het dan die geleentheid om hulle eie span te vorm en steeds aan dié sportsoorte deel te neem.

“Baie kinders het nie die selfvertroue om te speel nie en met die klub sal ons poog om selfvertroue by hulle te kweek.”

Die klub behoort binne die volgende paar weke op die been te kom, afhangende van of daar genoeg belangstelling in dié soort klub gaan wees.

Oefening gaan op Rooikatpark plaasvind. Om by die klub aan te sluit, kos slegs R125 per week. Spelers sal dan ongeveer drie dae per week oefen. “As daar ‘n behoefte bestaan om op ‘n Saterdag ook te oefen, kan ons dit wel insluit.

Wanneer die oefentye eers vasgestel is, kan daar na ‘n maandelikse in plaas van weekliks fooi gekyk word.”

Thys verduidelik dat die geld aangewend gaan word om klere en toerusting te koop. “Dit sluit ook ander onkostes soos kos, koeldrank en vervoer in as ons moet ry.”

Hy meen dat die spanne ook die geleentheid gaan kry om hulle eie spannaam te kies. “Ons wil nie vir hulle voorskryf nie. Dit gaan hulle eie besluit wees. As ons die ding op die been kan kry, kan ons begin rondbel en wedstryde reël.

Die groot ding is om net die spanne gereed te kry en vir hulle te wys dat hulle kan as hulle werklik wil. Vir die kleinspan gaan dit nie moeilik wees nie. Vir hulle is dit ‘n lekker sport en hulle speel vir die pret daarvan. Hulle speel nie om te wen nie.

Ons gaan ook die beste speler van elke span aanwys wat dan ‘n sekere bedrag geld gaan wen. Ons wil hulle dus iets gee om voor te speel en die geld kan hulle dan gebruik vir iets wat hulle nodig het. Dis eintlik waarvoor die fondse gaan.”

Vir meer inligting rondom die klub en om aan te sluit, skakel Thys by 079-997-7046.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button