Barberton laat die Rooikatte in die stof byt
Die plaaslike rugby span het op Saterdag die Lydenburg Rooikatte behoorlik opdraand op die veld gegee.

Die eerste en tweede spanne van Barberton het uitstekend gespeel en hul opponente moes maar stert tussen die bene van die veld afstap.
Barberton se tweedes het met 22-10 gewen en die eindtelling van die eerstes was 19-12.
Man van die wedstryd was Hans Meyer.
Volgens Barberton se klubkaptein, Jaice Tereblanche, is hulle baie tevrede met die wedstryd in die sin dat die doelwitte wat hulle gestel het, bereik is.
“Een van die doelwitte was om ons verdediging op te skerp en ek glo dit het baie verbeter. Ons moet nog egter aandag aan ons lynstane gee, maar dit verbeter week vir week.”
Volgens Tereblanche bestaan die moontlikheid dat die wedstryd teen Malelane, wat komende Saterdag plaaslik gespeel sou word, geskuif kan word. Hou Barberton Times se Facebook vir besonderhede dop.
