Local sportSport

Jong skopboksers verwerf nasionale-kleure

Die jong skopboksers van Barberton wat vir die Mpumalanga-span gekies is, het onlangs aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe in Pretoria deelgeneem.

Alhoewel hulle besonder goed gevaar het, het nie almal medaljes verower nie. Volgens hul afrigter, Brandt Ehlers, is dit net ‘n tydelike toedrag van sake en oefen hulle tans hard om te verbeter.

Een silwermedalje is deur Chris Steenekamp verower, en Francois Labuschagne en JG Pansegrouw het elk ‘n bronsmedalje ontvang.
Jose Ehlers, wat van die begin af briljant gevaar het, moes onttrek nadat hy deur ‘n opponent ‘n harde skop teen die kop toegedien is. 

Hierdie besluit is deur die mediese span asook Brandt geneem. Ten spyte hiervan was die beoordelaars hoogs beindruk met dit wat hulle reeds gesien het, en is hy vir die Suid-Afrikaanse span gekies. Dit beteken dat Jose vir nationale-kleure kwalifiseer. 

Hy sal sy vol kleure ontvang wanneer hy internasionaal begin deelneem. 

Daar is reeds planne gemaak en Jose sal later die jaar teen skopboksers van onder andere Kanada, Madagaskar en ‘n groep van Rusland wat Suid-Afrika gaan toer, te staan kom.

Hy sal gedurende September aan die Junior Wêreld-kampioenskappe in Italië deelneem. 

Die kostes hieraan verbonde beloop sowat R25 000. “Sonder borgskap, sal dit bykans onmoontlik wees vir Jose om deel te neem,” het Brandt gesê. 

Hulle vra besighede om dit oorweeg om hierdie jong Barbertonner te borg aangesien so iets nie elke dag gebeur nie. Navrae: Brandt Ehlers by 083-415-5032.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button