Local sportSport

Atleet hardloop padlangs tot in Pietermaritzburg

Crazy Dave van die Old Vic Backpackers het onlangs die 600km van Mbombela na Old Vic Backpackerste voet afgelê.

Hy is spesiaal vir sy bydrae tot die Nelspruit Marathonklub die afgelope naweek vereer. 

Die klub het sowat 47 atlete, wat vanjaar in die klub se klere die Comrades gaan aandurf. Hulle is met ‘n ontbyt by Mbombela Stadion bederf. Eers is hul T-hemde vir die ultramarathon uitgedeel, en voor dit het hulle 10km gehardloop.

Vir baie van die atlete sou dié hul laaste draf wees voor die 89km-tog tussen Pietermaritzburg en Durban sodat hul bene en voete vir die uiterste uithouvermoë-toets kan uitrus.

“Crazy Dave” soos hy alombekend is, neem ook deel. Ter voorbereiding het hy op 1 Mei die 600km na Pietermaritzburg aangedurf en binne 16 dae klaar gehardloop. Hy het sowat 30 tot 50km per dag afgelê en het betyds teruggekeer om te kom stem.
Winnie Uys van die klub sê hy doen baie vir hulle, maar dring daarop aan om in die agtergrond te bly. 

Die klub het egter hierdie keer daarop aangedring dat Dave erkenning kry. Hy was bitter verleë om oor homself met Laevelder te gesels.

“Ek wou nie erkenning hiervoor kry nie,” het hy verduidelik. “Ek wou net na die Comrades toe hardloop.” Dave sal Sondag vir sy 11de Comrades wegspring. “Ek is baie trots op ons klub.”

Nelspruit Marathonklub het deur die jare verskeie Comrades-medaljes gewen. ‘n Totaal van 595 atlete het tot die medaljekas bygedra.
Tans benodig hulle 41 om 2 000 te bereik. Gelukkig hardloop 37 atlete vanjaar vir 
die klub.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button