Local sportSport

Dapper olifante buig die knie

Saterdagmiddag het die Olifante Witrivier op hul tuisveld verwelkom en die eerste kragmeting was tussen die tweedes.

Malelane Rugbyklub se spelers het hul allerbeste in hul wedstryde teen Witrivier die afgelope naweek gegee.

Saterdagmiddag het die Olifante Witrivier op hul tuisveld verwelkom en die eerste kragmeting was tussen die tweedes.
Al het die tuisspan met 21-8 verloor, het hulle,volgens hul afrigter Spikkels Coetzee, hul beste gegee. Die opponente se wedstrydplan was egter net te goed.

“Die manne het hul alles gegee, dit kon enigiemand sien. Ek is trots op die span,” het Coetzee gesê.

Alhoewel die Olifante erg onder beserings te buk gegaan het die afgelope tyd, kan dit nie as die rede gesien word hoekom hulle die knie gebuig het nie. Witrivier se eerstes was ook reg vir aksie en het van die begin af klipharde rugby gespeel. Weer moes die Olifante die knie met 33-14 buig.

Spelers van die wedstryd vir die Olifante was Barry Botha en Marnus Marais vir die eerstes en Flip van der Merwe en Seun Ngwenya vir die tweedes. Die plaaslike manne draf op 31 Mei teen die Barberton uit op laasgnoemde se tuisveld.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button