Local sportSport

Semi’s wink in netballiga

Die substreek-netbalkampioenskappe wat verlede week op Hoërskool Bergvlam se bane beslis is, het harte gebreek toe sommige spanne uitgeskakel is. 

Laer- en hoërskole van die substreek, wat Nelspruit en Barberton insluit, moes dit uitspook om na die Mpumalanga-semifinale wat Saterdag in Witrivier gespeel word, deur te dring.

Lowveld High se o/14A-, o/16A- en o/18A-spanne is almal deur na die semifinale. Die skool se o/18B-span is ook deur na die Mpumalanga-skole netbalkampioenskappe wat op 1 Junie in Standerton plaasvind.

Bergvlam se o/14A-, o/15A- en eerste spanne het ook deurgedring terwyl die o/15B-span reeds deur na die finaal toe is. 
Sien meer foto’s van die wedstryde op www.lowvelder.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button