Local sportSport

Spelers maak ‘n verskil op die gholfsetperke

Die jaarlikse Sanlam Kanker Gholfuitdagingstoernooi vir Mpumalanga het op 24 Mei by die Witrivier-buitebaan plaasgevind 

Dit is een van Suid-Afrika se grootste massa-deelname sportgeleenthede waaraan mans en vroue deelneem en word landwyd aangebied. 

Dié gholfdae word gebruik om fondse in te samel vir die Kankervereniging van Suid-Afrika (KANSA) wat die geld vir kankernavorsing en ondersteuning gebruik. 

Volgens die organiseerders het hulle verlede jaar R3,3 miljoen ingesamel, die meeste tot nog toe. 

“Die sukses van die reeks en sy effektiwiteit in die stryd teen kanker steun swaar op elke gholfspeler in die land – van ons beskermheer Ernie Els tot ‘n klubspeler – om sy of haar deel te doen,” het Gary van Loggerenberg, Sanlam se borgbestuurder, gesê. 

“Ons waardeer elke bietjie ondersteuning. 

Die Sanlam Kanker-uitdaging stel klubgholfspelers regoor die land in staat om iets positief te doen en ‘n daadwerlike impak deur dié sport te maak.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button