
Nellies tennis
Laerskool Nelspruit se eerste dogterstennisspan het gister ‘n uitstekende oorwinning behaal teen Laerskool Witrivier. Hulle het hulle uitstekend van hulle taak gekwyt en met die oorwinning eindig hulle eerste in hulle afdeling. Nellies wen die dag met 31-18 spelle(potte). Hulle moet nou teen Bergland uitspeel in die semi-finale.
Enkels:
Michelle Boshoff verloor 3-6
Cherise van Duyker verloor 2-6
Mia Gunter wen 7 -1
Arili Boshoff wen 7-1
Dubbels:
Michelle en Mia wen 6-2
Cherise en Arili wen 6-2
Nellies Rugby:
Baie geluk aan die volgende seuns wat in die onderskeie Pumaspanne opgeneem is wat gaan deelneem aan die provinsiale weke gedurende die Junie – Julie vakansie:
O/12 Puma Provinsiale Span: Giano dos Santos – Haker : Waldo Stoltz – Flank : Jacques Marais – Agteman.
XV Tal Puma Provinsiale Span: Philip – Martin Pretorius – Stut : Alrich Roets – Haker.
Puma Cravenweekspan: Devon Nell – Flank : Chyle van Zyl – Agsteman.
Baie geluk aan Mnr Rhyno Schilling wat aangewys is as ‘n Skeidsregter vir die opkomende Laerskole Akademie Rugbyweek te Sasolburg. Mnr Schilling verteenwoordig die Pumas Rugby Unie tydens die week, Laerskool Nelspruit is baie trots op jou Rhyno, Welgedaan!
Nellies landloop / comrades
Baie geluk aan ons hoof, Mnr Arrie Henn wat sy 6de Comrades Marathon suksesvol voltooi het. Mnr Henn het Sondag saam met sy seun Duane die strawwe Comrades Marathon aangepak en die afstand van 89.3km binne die afsnytyd van 12ure voltooi. Sy tyd was 11ure en 31 minute en kwalifiseer vir ‘n Vic Clapham medalje.
Baie geluk aan die volgende Nellie landloop atlete wat uitsonderlik goed gevaar het tydens die Landloopdag wat aangebied is deur NHS. Ons is baie trots op elkeen van julle!
Seuns 8 jaar – David Botha – 1e
Dogters 8 jaar – Tanya Pietrse – 1e
Seuns 10 jaar – Duan Meyer – 3e
Seuns 11 jaar – Reeve Stiemens – 1e
Seuns 11 jaar – Eldo vd Venter – 3e
Seuns 12 jaar – Ruben Cronje – 3e
Dogters 12 jaar – Angelique Nel – 1e
Seuns 13 jaar – Pieter du Preez – 1e
Nellies netbal
Baie geluk aan ons 0/13A en 0/13B Netbalspanne. Ons 0/13A dogters het die naweek gekwalifiseer en deurgedring het na die MSN Kampioenskappe wat die 20ste Junie gaan plaasvind in Witrivier. Die 0/13B span dring ook deur na die MSN kampioenskappe in Standerton die 7de Junie.
