Local sportSport

Slimkoppe bots op skaakbord

Die jaarlikse oorlog op die skaakbord het verlede naweek by Laerskool Lydenburg plaasgevind.

 ‘n Totaal van 131 skaakspelers het aan die ABC-skaaktoernooi deelgeneem.

Alexander Maartens van Hoërskool Sybrand van Niekerk het derde in die senior afdeling geëindig. In dié afdeling, is Nobuhle Mpofu óók van Sybrand as die beste dogter aangewys. Hoërskool Nelspruit se Abraham Visser was die beste o/18-speler.

Sybrand het nóg ‘n speler opgelewer wat in die A-afdeling die bord aan die brand gespeel het – Christopher Maartens het die prys vir die beste o/18-speler ontvang.

Die laerskoolleerders moes saam met die seniors meeding, maar het hulle goed van hul taak gekwyt. Alexander van Wyk-Grove (Laerskool Bergland) en Suné de Preez (Laerskool Lydenburg) is onderskeidelik as die beste o/12- en o/14-speler aangewys.

In die B-kategorie het Marius Coetzee sy teenstander ore aangesit om die eerste plek op die punteleer in te neem. Laerskool Witrivier se Martiens le Roux het in die tweede plek ingeskuif en Laerskool Laeveld se Dian Schoeman was derde.

Dié afdeling se beste o/10 was Ruan Venter van Curro en Liané Hanekom van Laerskool Lydenburg is as die beste dogter in dié afdeling gekroon. 

In die C-kategorie het plaaslike skaakspelers se naam nie bo-aan die punteleer verskyn nie, maar Hainroux Erasmus van Laerskool Laeveld se eerste plek op die lys, het die witpapier opgehelder.

Die volgende toernooi vind hierdie naweek in Witrivier plaas.

IMG_0576

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button