Local sportSport

Jong stoeiers presteer goed

Lede van die Nelspruit Stoeiklub het Saterdag 24 Mei die mees noordelike deel van Suid-Afrika vir die Limpopo-opekampioenskappe besoek.

Meer as 50 stoeiers van regoor die land het in 15 verskillende ouderdomsgroepe deelgeneem.

Faantjie Steyn het ‘n eerste plek in die kadet-Grieks-Romeins, 54 tot 58kg behaal. Hy het nóg ‘n goud in die kadet-vrystyl in dieselfde gewigsafdeling verower. 

AJ van der Lith het ‘n tweede plek in die o/13-ouderdomskategorie vir gewig 58 tot 63kg gekry. 

‘n Derde stoeier, Tristan Kleynhans het óók deelgeneem. Alhoewel hy nie ‘n plek in die eerste vier behaal het nie, was dit steeds ‘n pluimpie vir hom om hier te kon deelneem. 

Die Sentraal-Gautengse opekampioen-skappe is volgende op die stoeikalender en daarna ‘n oefenkamp ter voorbereiding van die Noord-Gautengse Suid-Afrikaanse kampioenskappe.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button