Rhinos verras teen Middelburg
Hoërskool Nelspruit se eerste rugbyspan het die naweek gesorg vir 'n verrassing toe hulle Hoërskool Middelburg in die halfeindstryd van die Pumas se afdeling vir makro-skole gewen het.

Die Rhinos speel in die eindstryd teen HTS Middelburg. Nelspruit het Middelburg met 27-12 uitoorlê nadat hy die voige week teen die einste span met 11-10 die knie moes buig. Wessel Muller, die Rhinos se puik losskakel, het 17 van sy span se punte aangeteken.
Hy het een van sy span se drie drieë gedruk, al die drieë verdoel en boonop twee strafdoele deur die pale gejaag. Die Rhinos verseker hiermee sy plek in die hooftrekking van die Beeldtrofee vir makro-skole. Die 0/15A’s wen 41-25 teen Middelburg Hoërskool.
In die makro-skoleliga vir B-spanne wen 0/14C teen HTS Witbank 56-7, 0/15B wen NHS 30-19 teen HTS Middelburg en die vierde span wen 21-5 teen HTSM. Hierdie drie spanne is dus die Mpumalanga-wenners.
