Landlopers skrik nie vir stadionbaan
Verlede week was die Mbombela Stadion van 'n sokker- en rugbyarena in 'n landloopmekka omskep tydens Nelspruit Hoër se aanbieding van die tweede skolelandloopreeks.

Honderde atlete van Barberton, Komatipoort, Secunda en Witbank het aan die byeenkoms deelgeneem. Landlopers het puik tye in die een-kilometerwedloop behaal.
Tanya Pieterse het die dogters o/8-item in ‘n ongelooflike 3:46 minute gehardloop, gevolg deur David Botha, ‘n honderdste van ‘n sekonde na haar.
In die senior kategorieë het Bheki Nkosi in 10:25 minute oor die 4km gedraf. In dieselfde asem het Sandiswa Magagula ook dieselfde tyd as ‘n o/13-dogter gehardloop.
Dié byeenkoms was ook ‘n uitdunronde vir die Mpumalanga-span, wat atlete so jonk as o/6 tot veterane insluit. Hulle het verlede naweek al aan hul eerste ASA-byeenkoms in Pretoria gaan deelneem. Meer as 80 van die Laeveld se laerskool- en hoërskoolatlete, en senior deelnemers is in die span opgeneem.
Sien al die uitslae hier.
