Local sportSport

Superrugby wink vir Pumas

Die Steval Pumas het aansoek gedoen om tot die Superrugbyreeks toe te tree.

 Die Suid-Afrikaanse Rugby-unie (Saru) het Dinsdag ‘n verslag aan die president van die Pumas Rugby-unie, mnr. Hein Mentz, wat die bogenoemde inligting bevestig het, gestuur.

Toe Mentz gevra is wat die status van Pumas-rugby in die lig van al die veranderings aan die rugbystrukture in 2016 sal wees, het hy geantwoord dat die Pumas as ‘n gelyke of onafhanklike vennoot vir ‘n Superrugby-franchise aansoek 
sal doen. 

Hy is vol vertroue dat die Pumas na hul sukses in 2013, hul posisie in die Absa Curriebeker-premierliga of die ekwivalent daarvan, in 2015 en daarna sal behou. 

Mentz het bygevoeg dat Saru hul aansoek ondersteun en dat hulle dienooreenkomstig sal reageer sodra hulle Sanzar se tendervereistes verstaan. 

Die droom van topgehalterugby in die Laeveld kan net waar word indien die gemeenskap die 43 000 sitplekke in die Mbombela Stadion op Saterdag 21 Junie wanneer die Springbokke teen Wallis speel, volpak!

Die Pumas het sedert hulle aan die begin van 2013 Mbombela Stadion hul tuiste gemaak het, ‘n rits prestasies ingeryg. 

Dié manne het die GWK Griekwas in die Curriebeker-promosie-relegasiewedstryd geklop om op te skuif na die Curriebeker-premierafdeling. 

Die afrigter, Jimmy Stonehouse is as Absa se afrigter van die jaar aangewys en die voormalige Blitsbok-spoedvraat van die Pienkes, Rosco Spekman is die Absa Curriebeker-speler van die Jaar. 

Die Pumas is óók as die span van die jaar aangewys.
Indien jy dus spanne soos die Crusaders van Nieu-Seeland, die Brumbies van Australië en natuurlik die Steval Pumas in aksie wil sien, moet jy vinnig ‘n kaartjie vir die toets in die hande kry. Die besluit hang van jóú af!

Die Superrugby bestaan tans uit 15 spanne, maar die voorgestelde formaat van 2016 af sluit 
18 spanne in. 

Dié rugbyskouspel word deur miljoene mense regoor die wêreld ondersteun en word as een van die gunstelingreekse ter wêreld beskou. 

Die kaartjies vir die toets beloop tussen R200 en R400 en kan by die stadion en Computicket aangekoop word. Alhoewel die wedstryd om 15:00 afskop, kan ondersteuners reeds van vroeg af in die biertuin kuier om vir dié gebeurtenis op te warm.

Die Springbokke land Sondagmiddag om 14:45 op Kruger Mpumalanga Internasionale Lughawe en hiér kry jy die kans om die spelers in die sonnige Laeveld te verwelkom. Die Bokke het volgende week Dinsdag reeds ‘n oefensessie waar die gemeenskap die spelers in aksie kan sien. Hou jou oë en ore op die grond vir meer inligting.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button