Juniors speel gholfbaan aan die brand
Junior gholfspelers van die Hoëveld het die afgelope naweek in die Laeveld kom kuier.

Die Mpumalanga Vierhoekige Junior Gholfkampioenskap is Sondag op Nelspruit se buitebaan by Matumi beslis.
Dit was ‘n lekker somersdag vir die besoekers, so in die middel van die winter, met temperature wat tot 28°C gestyg het. Buiten die Mpumalanga-span het Ekurhuleni, Sentraal Gauteng en Gauteng Noord ook meegeding.
Elke streek het 30 spelers gehad wat deel was van ‘n o/19-, o/17-, o/15-, o/13 asook ‘n dogterspan. ‘n Totaal van 120 deelnemers het die oggend in ‘n beurtspel meegeding en die middag putjiespel gespeel. Gesamentlik het die Mpumalanga o/15-span die meeste punte in hulle ouderdomsgroep behaal.
Mnr. Cor du Preez, Sekretaris van Mpumalanga Junior Golf het Nomads Lowveld bedank dat hulle die dag moontlik gemaak het. Die volledige uitslae en meer foto’s van die dag se aksie is beskikbaar op www.lowvelder.co.za
