Local sportSport

Meyer kan nie uitgepraat raak oor besoek aan die Laeveld

"Mbombela is 'n wêreldklas-stadion en is een van die beste oppervlaktes waarop ons nog ooit gespeel het."

Dit was die woorde van die Springbokafrigter, Heyneke Meyer tydens die aankondiging wat Woensdag by Southern Sun plaasgevind het, van die span wat Saterdag in Mbombela teen Wallis uitdraf.

Meyer het net twee veranderings aan die span wat vir die 28ste keer teen die Drake uitdraf, aangebring. Bakkies Botha is nie deel van die 23-tal nie en Flip van der Merwe sal op slot uitdraf. “Ons het besluit om Bakkies ‘n ruskans te gun, maar hy kon gespeel het,” het Meyer gesê.

Tendai Beast Mtawarira sal Gurthrö Steenkamp se plek op loskopstut inneem. Johan Goosen is nie deel van die groep nie, omdat hy nog met ‘n besering sukkel. “Goose is een van die mees belowendste spelers wat ek al afgerig het. Ek is baie jammer vir hom omdat hy nie aan die gang kan kom nie.”

Wynand Olivier sal Goosen se plek op die plaasvervangersbank vul terwyl Ruan Pienaar ook op losskakel kan inskuif.

Die Springbokkaptein, Victor Matfield maak Saterdag geskiedenis – hy draf vir sy 112ste toetswedstryd uit – die meeste nóg deur ‘n Suid-Afrikaanse speler.

Meyer verwag ‘n moeilike tyd teen die Drake. “Dit is nooit maklik om twee keer teen dieselfde span te speel nie. Ons het die week baie aandag aan die afbreekpunte gegee en aan die fynere punte.”

Die voormalige Hoërskool Nelspruiter, Marnitz Boshoff sal nie Saterdag ‘n kans kry om vir die Groen-en-Goud uit te draf nie aangesien hy nog nie ten volle van ‘n enkelbesering herstel het nie.

Volledige span

15. Willie le Roux

14. Cornal Hendricks

13. JP Pietersen

12. Jan Serfontein

11. Bryan Habana

10. Morné Steyn

9. Fourie du Preez

8. Duane Vermeulen

7. Willem Alberts

6. Francois Louw

5. Victor Matfield

4. Flip van der Merwe

3. Jannie du Plessis

2. Bismarck du Plessis

1. Tendai Mtawarira.

 

Plaasvervangers – Schalk Brits, Gurthro Steenkamp, Coenie Oosthuizen, Lood de Jager, Schalk Buger, Ruan Pienaar, Wynand Olivier en Lwazi Mvovo.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button