Spelers wys hulle gee om vir die oues van dae
Herfsakker-ouetehuis se jaarlikse gholfdag is op Vrydag 30 Mei by Nelspruit-buiteklub gehou.

Altesaam 84 spelers het die geleentheid ondersteun en R70 000 (voor kostes) is ingesamel. Die fondse word as subsidie vir die bejaardes aangewend.
“Ons wil graag ons hoofborg, Produkta Nissan bedank. Om na die oumensies om te sien, lê ons baie na aan die hart. Die tehuis huisves 80 mense waarvan net 65 persent geld van die regering ontvang,” het die organiseerder Dirk Joubert gesê.
Rich Poisson en Stan Stanton is as die wenners van die dag met 50 punte aangewys. Ryan Matheson en Neil du Toit was kort op hul hakke in die tweede plek met 47 punte.
Uitslae
• Naaste aan die pen op die derde bof – Barnie van Jaarsveld
• Naaste aan pen op die 13de – Gavin Bullen
• Verste dryfhou (18de) – Garth Snyman.
