Local sportSport

Die volgende Roland Garros-ster, dalk ‘n plaaslike speler

Die volgende Roland Garros-ster is waarskynlik in Lydenburg se midde.

Francois Winterbach, Gr.12 leerder, en ook hoofseun van Hoërskool Lydenburg het Provinsiale kleure ontvang tydens die Interprovinsiale tennistoernooi wat onlangs in Pretoria plaasgevind het.

Winterbach is genomineer om aan dié gesogte toernooi deel te neem nadat hy, saam met Migaeil van Velden, nog ‘n leerder van die skool, aan die proewe in Middelburg gaan deelneem het. Hy en vanVelden was die enigste leerders van die skool wat kwalifiseer het om daar te gaan deelneem.

Alhoewel van Velden die span net-net gemis het, het Winterbach egter keurders se oog getrek en is hy in die Mpumalana o/19 span opgeneem om sake verder te gaan uitspook in die Nasionale toernooi te Bloemfontein.

Hier is kragte onder andere gemeet met Zimbabwe en alhoewel die kompetisie straf was, het die span hulself goed van hul taak gekwyt en algeheel agste geëindig. Die mansspan het bestaan uit ‘n speler elk van Hoërskool Nelspruit, Ermelo, Middelburg en Lydenburg.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button