Local sportSport

Plaaslike stoeiers het ‘n wil van yster

Twee lede van die Nelspruit Stoeiklub is vir die provinsiale span wat aan die Suid-Afrikaanse Kadet- en Senior Kampioenskappe gaan deelneem, opgeneem.

Neels Smit en Faantjie Steyn gaan Mbombela vanaf 4 tot 5 Julie in Gauteng verteenwoordig.

Die plaaslike stoeiers het die afgelope naweek in Secunda aan die Mpumalanga Stoeivereniging- kampioenskappe deelgeneem. ‘n Pumatjie-toernooi vir die kannetjies het vroeg die oggend afgeskop. “Ons stoeiertjies het basies al hul wedstryde gewen.

Die klub het soveel potensiaal; hou ons maar dop – die afrigter Hansie Kruger gaan nog baie hoogtes met hulle bereik,” het die mediabestuurder, Anita Steyn gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button