Local sportSport

Pienktruie vermorsel hul teenstanders

Vrydagaand het die Steval Pumas behoorlik amok gesaai in hul Curriebeker-opwarmingswedstryd teen die Down Touch Griffons.

Van so vroeg as die eerste minuut het die Mbombela-pienkes die krane oopgedraai vir die drieëfees met die ervare kaptein, Corné Steenkamp, wat oor die doellyn gedryf is.

Met ‘n klomp nuwe manne in die kamp wat nog gewoond moet raak aan die Stonehouse-manier van dinge doen, is daar tekens van groot hoop vir die komende Curriebeker-seisoen. Op vleuel het Michael Nienaber met vele kraglopies bewys hy kan deur die verdediging kom. 

Rosco Spekman wat ook in sy eerste wedstryd na ‘n enkel besering gespeel het, het male sonder tal die opponente met sy dartelende voetwerk laat kleitrap.

Die Pumas-voorspelerpak was eenvoudig net te sterk vir die Perstruie en teen rustyd was die Pumas reeds met 56-0 voor. ‘n Verblydende gesig was die skopvoet van Justin van Staden wat skop vir skop deur die pale gejaag het.

Sake het nie veel verander in die tweede helfte nie en die Stonehouse-troepe het hul oorlogsvoering verder geneem. Die wedstryd is met ‘n 77-12 eindtelling beklink.

Alhoewel ons die span heeltemal oordonder het, was daar wel areas waaraan ons die week moet werk vir die wedstryd teen die GWK Griekwas. Ek moet sê dat ek wel beïndruk is met die nuwelinge se spel, wat natuurlik die spankeuse van hier af redelik moeilik maak,” noem ‘n tevrede breier, Jimmy Stonehouse.

Die week sal die Pumas hard werk vir hul volgende opwarmingswedstryd in Kimberley teen die GWK Griekwas.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button