Junior rugbyklub sluit hul seisoen af
Die seisoen het vir die Barbertonse Junior Rugbyklub tot 'n einde gekom.

Met heelwat oorwinnings op hulle kerfstok, kan die jong-manne met reg trots wees op hulself. Die eerste sowel as die o/11-span het uit hul sewe onderskeie wedstryde, elk vyf gewen.
Woensdagaand het die spelers, sowel as hul ouers, die stigterslede, borge en ander organiseerders vir die jaarlikse prysuitdeling bymekaargekom.
Die funksie is by die klub gehou en ná die formaliteite afgehandel is, is daar heerlik informeel gebraai en gekuier.
Die organiseerders het Laeveld Slaghuis, Biltong & Spice Shop en Caroline Lombaard hartlik vir die borgskappe en gereedmaak van die aand se biltongpakkies bedank.
“Namens die komitee en veral die spelers, wil ons ‘n spesiale dankie sê aan die borge wat dit vir die jong spelers moontlik maak om elke jaar te doen waarvoor hulle lief is. Hartlike dank aan Westvaal, Ford & Mazda, NTT Toyota, Barberton Myne, Quality Panelbeaters,Mount Olive Packaging, Laerskool Barberton, Johan de Jager, Rudi en Ansie de Beer, Roberta van Rooyen, Incledon, Francois Roos en Allen Sampson van Barberton EMS,” het kommiteelid, Cindy de Jager gesê.
