Local sportSport

Gholfspeler wag in spanning om te hoor van haar span-insluiting

Die plaaslike vroue-gholfspeler, Monja Richards (26) het pas van Stellenbosch teruggekeer waar sy en vyf ander topspelers 'n uiters belangrike oefenkamp bygewoon het. 

Richards het Maandag in die Eikestad aangekom met die hoop om een van net drie spelers te word wat Suid-Afrika later vanjaar in Japan gaan verteenwoordig. Van die land se beste spelers, Izel Pieters, Cara Gorlei, Magda Kruger, Michaela Fletcher en Lejan Lethwaite was ook op die kamp. “Ek het ‘n hele paar nuwe tegnieke die week geleer,” het Richards gesê. 

Sy is tans die vierde gekeurde vrouegholfspeler in Suid-Afrika. Kruger lê tweede, Fletcher derde en Gorlei sesde. Die finale span word op 8 Julie aangekondig. 

Richards vertrek eersdaags na Pretoria waar sy aan die Gauteng-Noord Kampioenskappe by die Wingate-buiteklub sal deelneem. Sy het onlangs die Limpopo-kampioenskappe in Polokwane gewen waar sy 76, 76 en 78 op haar telkaart ingevul het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button