Local sportSport

Jong spelers leer die fynere kunsies

Agt belowende gholfspelers van Lydenburg se tasse is gepak en gholfstokke blink gevryf om binnekort die fynere kuns van dié sport te bemeester.

Jazques Brits, Jaco Erasmus, Henco Erasmus, Schalk Grobler, Morne Combrink, Jeandre Combrink, Aalwyn Loots en Frikkie Fensham gaan tydens die Junie vakansie ‘n spesiale gholfkliniek bywoon by die World of Gholf in Johannesburg wat deur professionele gholfspelers aangebied word.

Hierdie spelers wat reeds verskeie uitsonderlike prestasies op die gholfbaan gelewer het, het onlangs met hulp van hul ouers en Hoërskool Lydenburg ‘n suksesvolle gholfdag aangebied om fondse te genereer vir die eersdaagse kliniek.

Jacques Brits is ook verkies om aan die 2014 NOMADS SA seuns o/17 deel te neem vanaf 30 Junie tot 3 Julie in Polokwane. Hy sal verder ook aan die Hextangular o/17 Inter-provinsiale toernooi in Orkey deelneem van 17 tot 17 Julie, dié keer saam met spanmaat Henco Erasmus.

Dit is egter nie net gholfspelers van die Hoërskool wat uitblink nie, maar die 12 jarige Corne Combrink het ook reeds stempel afgedruk. Combrink het in die Mpumalanga o/13 Quad span deelgeneem op 15 Junie in Nelspruit terwyl Tiaan Brits (13), op sy beurt in die o/15 Quad span deelgeneem het en ook verkies is vir die Hextangular saam met Brits en Erasmus.

Die jong sterre bedank graag al die ouers vir hul volgehoue betrokkenheid om hul drome te verwesenlik asook elkeen wat van die gholfdag ‘n sukses gemaak het. 


Uitslae


Wenners van die dag: Hein & Sophia Strogh 


Tweede Plek: Christiaan Joubert & Allen Pruis 


Naaste aan die Pen: Mohammed Cassim 



Die volgende borge word graag bedank

AGTI

Bistro Restaurant

De Juffrauns (Die Bus)

Die koffiehuis

Eastern Chrome Mines (Samancor)

Frans Labuschagne

Gawie Marè Paneelkloppers

Hanas Mica

Herman Adendorf

Ho?rskool Lydenburg

Jaco Coetzer

Johan Combrink

Pieter Combrink

Kallie Erasmus

Leon Smith

Longtom Cycle & Sport

Lorenza Horn

Mechanical Mining Supplies

MIRCC (Kruger van Eck)

Mohammed Cassim

Monzoon Gift Shop

Kutting Mpumalanga (Douglas Long)

Northlite

Pierre Lombard

Pieter & Susan Loots

Precrete

Pro-Drilling

Sandvik

Silver Oaks Labour Recruitment & Placement

Social Labour Project Management

TRP

Volkswagen Highlands

Zizwe.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button