Karatekas beïndruk met hulle vaardighede
Die harde werk van Laeveld-karatekas is beproef en beloon tydens die onlangse half-jaarlikse Shotokan-karate-gradering.

Leerlinge het ‘n hoë standard gehandhaaf en ‘n hele groep is na die volgende vlak bevorder. Die verskillende vlakke word deur gekleurde gordels aangedui. Leerlinge begin met ‘n wit gordel en werk dan deur die kleure tot hulle ‘n swart gordel, die hoogste kleur, bereik.
Karate bevorder hand-oog koördinasie, balans en dissipline en kan selfs deesdae as ‘n beroep beoefen word.
Die uitslae was soos volg: Nicholas Ross, Heinrich Maree, Henry Rudder, Anastacia Rudder, Akani Sibuyi en Tiyane Sibuyi is van wit na geel bevorder, Tian Swart en Markus Muller na geel twee en Jason Newland, Lesaya Calaca na oranje. Kate McKinnon, Angelo Capazorio,Jeandre Shand is na groen, Vincent Calaca en Migael Ludik na blou en Jeandre Eden en Andeon na blou twee bevorder.
Welisha Knipe is bevorder na rooi een, Jacinta Capazorio na rooi twee en Lyla Bam na rooi drie. Phindile Manzini en Bennie Manzini vorder na bruin twee, terwyl Thabang Manzini sy finale bruin gordel verower het. Sy volgende gradering sal na swart gordel wees.
Navrae: Danie of Sandra van Vuuren by 082-756-1636.
