Local sportSport

Breier baie opgewonde oor die Pumas talent

Die Steval Pumas-breier, Jimmy Stonehouse het die afgelope week in Kimberley 'n paar hande sien opgaan in sy span se Curriebeker-opwarmingswedstryd teen die GWK Griekwas.

“Met die oog op ons beginspan het beide ons en die Griekwas besluit om die res van die spelers in die groep speelkans te gun, en ek moet sê Woensdag het drie manne met hul spel beïndruk,” noem Stonehouse. Hy het spesiale vermelding van JJ Breet, die jong Varsitybekerspeler wat onlangs by die groep aangesluit het, die ervare vaskopstut DeJay Terblanché en die jong o/23-slot, Marco Kruger gemaak.

Die Pumas het nou wel die wedstryd met een punt verloor (26-27), maar die uitslag was vir Stonehouse nie regtig van groot belang nie. “

Ons het baie geleenthede gehad om punte aan te teken en kon die wedstryd maklik met 20 punte of meer gewen het, maar ons het eerder ons opsies uitgeoefen om ‘n lynstaandryf op te stel, as om pale toe te skop. 

JC Roos kon egter nie met drie van sy skoppe slaag nie, en tot vier minute voor die eindfluitjie was ons voor. Die spelers besef egter dat ons vir die volgende twee opwarmingswedstryde 85 minute lank rugby moet speel, en elke geleentheid moet gebruik om punte aan te teken, want die oomblik wat die Curriebeker afskop is daar nie ruimte vir foute nie,” sluit hy af. Puntemakers in die Kimberley-stryd was drieë deur Marcello Sampson, Brian Shabangu en JC Roos. Roos was suksesvol met een doelskop en drie strafskoppe.

Volgende week sal die Pumas in Middelburg op die Kees Taljaard Stadion teen die Regent Boland Kavaliers uitdraf. Stonehouse noem dat hy wel van sy Leeu-spelers gaan oorweeg en sy beste moontlike spanne vir die volgende twee uitdagings gaan kies, waarvan die grootste die Blou Bulle op 1 Augustus op Mbombela is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button