Local sportSport

Skolerugby se geskiedenis in boek saamgevat

'n Boek oor die geskiedenis van skolerugby van die ou Transvaal en meer spesifiek die Direkteurstrofee, vandag bekend as die Beeld-trofee, is deur Kobus Bisschoff geskryf. 

Dié boek, Skolerugbysage Noord van die Vaal 1920-2000 gee ‘n inleiding oor die ontstaan van rugby in Suid-Afrika en fokus op skolerugby – hoe dit ontwikkel het en wat alles aanleiding gegee het tot die totstandkoming van die destydse Administrateursbeker. 

Dit bevat inligting oor elke jaar vanaf 1920 tot 2000 en ‘n meegaande hoofstuk oor die uitspeelwedstrydtellings, spanne wat in die aanloop tot die finaal en in die eindstryd gespeel het, die wenner/s se ligawedstryd-uitslae vir die seisoen, asook span- en aksiefoto’s. 

Agterin die boek is ‘n kort penskets van elke Springbok wat in ‘n finaal gespeel het. Bisschoff het sover moontlik ou spelers opgespoor om hulle herinneringe op te teken – die vroegste hiervan dateer uit 1937. 

Om Skolerugbysage Noord van die Vaal 1920-2000 aan te skaf, skakel Kobus Bisschoff by 083-648-6092.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button