Toernooi met skoppe en gestoei getakel
Op Saterdag 21 Junie het Witrivier Skopboksklub die Mpumalanga Skopboks-toernooi in Witrivier aangebied.

Stoeiers en skopboksers van die provinsie het hul beste grepe en taktiek geoefen en was slaggereed om vir hul teenstanders te wys waar Dawid die wortels gegrawe het.
Rio Grappling van Witrivier het ook betrokke geraak en gesorg vir ‘n “grappling”-afdeling in die toernooi. Verskillende klubs het deelgeneem om te wys dat hulle die beste skoppe en tegnies perfekte grepe kan uitvoer. Hierdie klubs het Witrivier- en Nelspruit-skopboksklub, Barberton Extreme Kick-boxing & MMA, Middelburg XCT, Rio Grappling en Secunda Kick-boxing ingesluit.
‘n Aantal provinsiale stoeiers asook ‘n skopbokser wat vir die nasionale en presidentspan gekies is, het aan die toernooi deelgeneem. Dit was ‘n baie groot sukses en sal voortaan op ‘n jaarlikse basis aangebied word.
Die medalje-tafel in die skopboksafdeling lyk as volg:
Witrivier: 14 Goud, nege silwer en sewe brons
Barberton: Ses goud, nege silwer en twee brons
Middelburg: Vyf goud, twee silwer en een brons
Secunda: Drie goud, twee silwer en twee brons
Nelspruit: Twee goud, vier silwer en een brons
Rio grappling: Twee goud en twee silwer.
Die medalje-toekennings vir die “grappling” is as volg:
Rio grappling: Vier goud, vier silwer en twee brons
Middelburg: Een silwer en twee brons.
In die semi-afdeling:
Junior meisies onder 30kg: Eerste – Judy Landman, tweede – Lindri van Staden en derde – Zelrie Viljoen
Junior meisies onder 50kg: Eerste – Carmen Bronkhorst, tweede – Elmari Cornelius en derde – Debbie van Tonder
Veteraanvroue: Eerste – Collet Gebhart en tweede – Susan Coetzee.
Die light-continious-afdeling:
Junior meisies onder 30kg: Eerste – Judy Landman, tweede – Lindri van Staden en derde – Zelrie Viljoen
Junior meisies onder 50kg: Eerste – Carmen Bronkhorst, tweede – Charlize Ludeke en derde – Elmarie Cornelius
Senior vroue: Eerste – Linda van Staden en tweede – Marlize Spreeth.
