Local sportSport

Atlete trotseer die koue

'n Landelike atmosfeer het honderde atlete Saterdag op die Mataffin-landgoed vir die Halls-wedloop verwelkom.

Dit was ‘n koelerige oggend vir die 371 en 162 deelnemers in onderskeidelik die 10- en 21km. Sommiges het serpe en musse aangehad terwyl ander met kaal arms die koue aangedurf het. ‘n Pretdraf van 3km is ook gehou.

Abenico Mashaba van die marathonklub, Born to Win, het die 21km in 01:07:29 voltooi, met William Mothosola kort op sy hakke in 01:08:02. Die eerste vroue-atleet oor die eindstreep was die 18-jarige Shedilene Gerlderblom van Midmack in 01:26:51. Sy het party manne ore aangesit en met spoed die laaste 7km klaargemaak. 

Ashleigh Sevenster van UJ was tweede in 01:28:51.

‘n Plaaslike atleet van Nedbank, Folavio Sehohle het ‘n eerste plek in die 10km verower in 31:29:00. Dié klub het ook die derde posisie ingeneem, met Ntuthuko Maseko wat die wedloop in 32:05:00 voltooi het.

Simonay Weitsz mag dalk net 15 jaar oud wees, maar sy was die eerste vrou wat die korter roete in 37:40:00 voltooi het. 

Die eerste Halls-wedloop het in 1990 plaasgevind en is deur een van die direkteure van Halls, Mark Baker ontwerp. Dié roete is vanjaar aangepas en atlete het ‘n hele nuwe pad gehardloop. ‘n Paar deelnemers het oor die baie sand op die roete gekla, maar oor die algemeen het almal dit geniet en die dag was beseringvry. 

“Die mense het baie goed gedoen hierdie jaar. Die uitsig was baie mooi,” het ‘n lid van LVCC, Toy Dupper gesê. Volgende jaar vier hulle die 25ste bestaansjaar en die organiseerders beloof dat dit ‘n groot een gaan wees.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button