Local sportSport

Laas gee pad aan in Das Auto

Die 40-jarige Truwin Laas is tans die voorloper met 21 punte in die 50km Das Auto MTB-reeks.

Josef Bester (20) is in die tweede plek met 19 punte. 

Die derde been het verlede Saterdag by Penryn College plaasgevind met nog net twee wedrenne wat die jaar oorbly. Bester het met die vinnigste tyd die roete in 01:59:05 klaargemaak met Laas sowat twee minute stadiger in 02:01:12.

Die derde ryer oor die eindstreep, Dian Venter (18) is ook in die derde plek op die punteleer met 18 punte. Hy het die roete in 02:02:31 voltooi.
Net vier vroue-ryers, Heide de Bruin, Dalene van der Leek, Helen Clarke en Ruth le Roux het aan dié tegniese roete deelgeneem. Van der Leek beklee die voorste plek in die 50km-wedren vir vroue en het die derde been in ‘n tyd van 02:15:32 voltooi. 
Blessing Moimor het met ‘n puik tyd van 01:00:47 in die 25km klaargemaak. Wiehan Reghardt het amper ‘n minuut stadiger in die tweede plek geïndig. Die 19-jarige Kirsten Gillepsie is die eerste vrou oor die eindstreep in 01:14:12.
Altesaam 99 ryers het aan die 15km-wedren deelgeneem met die 12-jarige Jean van der Merwe wat die vinnigste tyd van 00:37:58 aangeteken het. Hiermee het hy sewe punte verwerf. Die spoedvraat, Monique Swart wat reeds die eerste posisie in al drie wedrenne beklee, was die eerste vrou tuis in ‘n tyd van 00:40:45. 
Die volgende wedren vind op 
9 Augustus óók by Penryn plaas.

Het jy deelgeneem? Loer hier na die foto’s https://www.citizen.co.za/lowvelder/206489/derde-van-das-auto-skop-af/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button