Local sportSport

Swartbaarse baie sku in ysige waters

Die hengelaar, Herman Geldenhuys van Thermocline het die grootste swartbaars by die sesde been van die Lowveld Bass Trail van 2,205kg ingeweeg.

Die dag het by die Injakadam in Hazyview plaasgevind.

Dit was ‘n ysige koue wintersoggend en net 21 bote was op die water. Die toestande was uiters moeilik as gevolg daarvan. Die minimumtemperatuur was vier grade en die maksimum net 22, met ‘n noorde-wind wat laat die middag begin waai het tot stormsterkte van 20km/h. Die dam was ten tye van die kompetisie nog propvol en die watertemperatuur het tussen 15 tot 17 grade gewissel. 

Droeë bome vorm die hoofstruktuur van die dam en die waterdiepte wissel van 1m tot 18m. Meeste van die visse is in rustige water en met baie subtiliteit gevang met junior flukes en nett-baits spankys in swart en Gauteng poison.

Enkele van die groter visse was in die laatmiddag nadat die wind gaan lê het, op Spinnerbaits met Indiana-lemme ingekatrol. Die manne kon net 37 swartbaarse vang met ‘n gemiddelde gewig van 0,718kg. Slegs vier van die 21 bote kon daarin slaag om die limiet van vyf visse te vang. 

Die volgende kompetisie word by Vygeboomdam in Machadodorp-bootklub gehou en vind Saterdag 9 Augustus plaas. Inskrywingsfooi beloop R500 per span.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button