Local sportSport

Jong judokas wys vernuf in die Vrystaat

Die Suid-Afrikaanse Judo Opekampioenskappe het onlangs in Bloemfontein plaasgevind met drie plaaslike judokas wat deelgeneem het en uiters goed gevaar het.

Die twee Oelofse- broers, Aslan en Juan, het goud seuns o/10 gekry. Juan het onder 32kg sy geveg gewen en Aslan (12) het onder 42kg deelgeneem. 

Die 14-jarige Michaella Grove het met haar eerste probeerslag ‘n silwer ontvang en met die tweede ronde haar teenstander van die eerste plek onttroon en met die goud weggestap. Dustyn Holmes het in ‘n moeilike stryd óók ‘n eerste plek verower.

Op Saterdag 23 Augustus vind daar ‘n groot kompetisie by die Oewersigsaal plaas waar ‘n verskeidenheid klubs gaan deelneem. “Ons verwag meer as 150 inskrywings en klubs van Gauteng, Swaziland en Mozambiek kom ook by ons kuier,” het die afrigter Thinus van Tonder gesê.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button